12b3bc943c510bec3d7e6d90d8f869c3.ppt
- Количество слайдов: 147
Skenk ons, Here, u beskerming en ontferming. Sien in liefde op ons neer. Seën ons as ons hier vergader, tot U nader. Laat ons saam wees tot u eer.
Lied 151: 2 Bring ons, Here, tot bekering deur u lering, gee ons insig deur u Gees. Maak ons harte oop, o Vader, trek ons nader. Laat u Woord ons lewe wees.
Verhoogde Heiland, bind ons saam waar in u Naam ons hier vergader. Leer ons, geheilig deur u Gees, ootmoedig wees waar ons U nader.
Lied 152: 1 (vervolg) Ons glo u Woord en bring U eer; maak ons al meer Uself deelagtig. Dan bly ons steeds, deur U verlig, op U gerig, u dood gedagtig.
O Jesus, kom tog nader en gee aan ons u seën. Ons is hier saam vergader en almal in U één.
Lied 153: 2 Verlig ons deur u lering, ons vind dit in u Woord. Ons volg U deur bekering ons wat aan U behoort.
Lied 153: 3 U is ons vriend en koning, in eerbied buig ons neer. En kom ons in u woning sal ons U ewig eer.
Kom nou tesaam, laat ons vergader, één as sy Kerk, één in sy Naam; in Christus Naam kom ons hier nader kom ons as sy gemeente saam.
Lied 154: 1 (vervolg) Hy gee sy Gees, só laat Hy dit wees: Hy seën wat ons bou en bind ons deur sy trou.
Lied 154: 2 Hier is die Heer by ons teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk. Is Hy dan self só hier teenwoordig, word ons verenig in sy Kerk. Hy staan ons by en maak ons ook vry om ware mens te wees geheilig deur sy Gees.
Lied 154: 3 Sing vir die Heer jul lofgesange, laat ons met helder stem Hom loof. Laat klink sy lof, sing onbevange en laat geen muur die klanke doof. Kom sing met vuur, laat lofsange duur, vul alles hier met klank: Laat ons die Here dank.
Verhef ons harte tot U, Heer, en laat u liefde ons regeer. Wil deur u Gees steeds by ons bly en ons in alle waarheid lei.
Lied 155: 2 Raak U ons aan om U te loof, versterk ons liefde en geloof, skenk ons meer vreugde in u wet en meer volharding in gebed.
Lied 155: 3 Gee dat, gehoorsaam en getrou, ons altyd op u Woord sal bou. O heilige Drie-enigheid, aan U die lof in ewigheid!
Loof, loof die Here! Bring Hom dank en ere, o Christenskare, rondom sy altare. Hy is ons God die Ewige, die Ware! Loof, loof die Here!
Lied 156: 2 U is die Here, U is onse Vader. In Jesus Naam is ons nou hier vergader. Één deur u Gees, kom ons vrymoedig nader. Loof, loof die Here!
Lied 156: 3 Hoor ons gebede, dat ons in u vrede op al ons weë elke dag kan wandel en altyddeur na u gebooie handel. Loof, loof die Here!
Lied 156: 4 God van weldade, Skenker van genade, U, hoog verhewe, U bestraal ons lewe; ons is gedurig deur u guns omgewe. Loof, loof die Here!
Here Jesus, ons is saam, op u roepstem hier vergader; saam verenig in u Naam kan ons tot die Vader nader. Hoor die dank- en smeekgebede, Heer, van u gemeentelede.
Lied 157: 2 Maak ons harte deur u Gees vir die heil'ge woord ontvanklik. Laat ons daagliks onbevrees op u heil bou, diep afhanklik. Heer, laat ons geloofsvertroue eenmaal oorgaan in aanskoue.
Bring my na u woning, Here, laat my daar voor U verskyn waar ek lofsing U ter ere, waar u guns oor my kan skyn. Laat my in u glansend lig neerbuig voor u aangesig.
Lied 158: 2 Lam van God, U bring 'n offer, met u bloed maak U my vry dat ek dank aan U kan uiter, my alleen aan U kan wy. Sien my as u priester aan as ek, Here, voor U staan.
Lied 158: 3 Here, heilig U my denke, laat u woorde my steeds dring dat ek met my blye klanke singend aan U hulde bring. Sang en lied is my geskenk as ek, Here, U gedenk.
God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader. God is hier teenwoordig.
Lied 159: 1 (vervolg) Heilig is die Here; buig in stilte, Hom ter ere! Wie Hom roem, wie Hom noem Heer en Hemelvader, kom nou almal nader!
Lied 159: 2 God is hier teenwoordig. Here, gee ons vrede, wees genadig, wil vergewe. Ons is swak en sondig, maar ons lied verkondig: U's die bron van alle lewe. U is Heer, U regeer. Lei ons al ons dae na u welbehae.
Lied 159: 3 God is in sy tempel; hemelpoorte bewe, almal buig voor Hom wat lewe! Engele sing: Heilig, heilig is die Here, in die allerhoogste sfere! Uit die stof klink ons lof: Here, God van vrede, hoor ook ons gebede.
(I) Inkoms en uitgang, (II) aanvang en einde, (III) soos U bepaal, Heer (IV) wees nou hier teenwoordig.
Halleluja! Heer, U is ons lewe, middelpunt van ál ons hoop. U's die doelwit van ons hoogste strewe, Leidsman van ons lewensloop.
Lied 161: 1 (vervolg) Heer, U is ons Skepper, God, almagtig; ons Verlosser, Bystand, so barmhartig. U wat is, en was, sal wees Vader, Seun en Heil'ge Gees!
1. Voorsanger: U self het ons geroep, Heer, en daarom kom ons saam. Gemeente: U self het ons geroep, Heer, en daarom kom ons saam.
Lied 162: 1 (vervolg) Voorsanger: Verenig as u liggaam, loof ons u Naam. Gemeente: Verenig as u liggaam, loof ons u Naam.
Lied 162: 2 (Rig U tog ons gedagtes en lei ons deur u Gees. ) Rig U tog ons gedagtes en lei ons deur u Gees. (Laat ons verseker weet, Heer, U sal hier wees. ) Laat ons verseker weet, Heer, U sal hier wees.
Lied 162: 3 (Kom open so ons harte en spreek tot elke oor. ) Kom open so ons harte en spreek tot elke oor. (Laat ons van al u dade, u liefde, hoor. ) Laat ons van al u dade, u liefde, hoor.
Soos 'n wildsbok wat smag na water, smag my siel na U, o Heer. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer.
Lied 163 (vervolg) U alleen is my bron van krag; in U teenwoordigheid wil ek nou wag. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer.
Ons is almal hier tesaam, vergader in sy Naam, verheerlik Hom. Tot die dood was Hy getrou en daardeur is ons nou sy eiendom.
Lied 164: 1 (vervolg) Kom ons leef soos wat Hy vra en leer om te verdra en liefde na te streef. Loof Hom, Christus, die Heer.
Lied 164: 2 Ons is almal hier tesaam, verenig in sy Naam, verheerlik Hom. Met ons hart en mond en hand, ons kragte en verstand kom loof ons Hom.
Lied 164: 2 (vervolg) Hou ons lewend deur u Gees, laat ons u kinders wees en U bo alles eer. Jesus Christus, die Heer.
O wat 'n vreugde in ons harte, om na u kerk, o Heer, te gaan, want hier kom almal wat u volk is, in u teenwoordigheid tesaam. Ons sing u lof, o Koning, Heer! Ons buig in eerbied voor U neer.
Lied 165: 2 Dit is 'n opdrag van U, Here, dat almal hier u Naam moet prys. Net deur u Woord en Gees, o Here, word ons die regte pad gewys. Ons sing u lof, o Koning, Heer! Ons buig in eerbied voor U neer.
Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom van die Vader!)
Lied 166: 2 Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom, Gees van Christus!)
Lied 166: 3 Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom in ons harte, kom!)
Jesus, bron van al my vreugde; Jesus, lig van my geloof, U is vol genade, waarheid U, my Heiland, Heer en Hoof.
Lied 167: 1 (vervolg) Ja, ek is u eiendom; U, die Seun, U het gekom. As gestuurde van die Vader is U self die weg na Hom.
Lied 167: 2 Jesus, bron van alle lewe, Jesus, U wat lof verdien; U, die bron van alle waarheid, U laat my die Vader sien. Ek is by die Vader tuis waar my hart vol vreugde ruis. U wat één is met die Vader het die weg na Hom kom wys.
Heilige Jesus, Heer van die here, U is verhoog tot die hemeltroon. Ons bring U ere, Christus, die Here! Met heerlikheid is U gekroon.
Lied 168: 2 Mooi is die aarde, dit het groot waarde, maar is gering voor u grootheid, Heer. U is ons lewe, U is ons vrede. U Gees moet ons hier lei en leer.
Lied 168: 3 U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die ganse skepping sal U dien.
U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die ganse skepping sal U dien.
Lied 169: 1 (vervolg) Heilig, heilig, liefderyk, genadig u troon is steeds met lig en lof omring!
Lied 169: 2 Heilig, heilig, Heerser vir ewig; groot is u Naam U die Vader, Seun en Gees. Grote God, ons eer U, met u hele skepping. U wat in liefde God regverdig is.
Lied 169: 3 Heilig, heilig, Heer, so weldadig, groot is u guns, want U buig U tot ons neer! Heilig, heilig, magtig en genadig. U wás en ís en sál vir ewig wees.
Holy, holy! Lord God Almighty! Early in the morning our song shall rise to thee;
169 b: 1 (cont. ) Holy, holy! Merciful and mighty, God in three persons, blessed Trinity!
169 b: 2 Holy, holy! All the saints adore thee, casting down their golden crowns around the glassy sea; cherubim and seraphim falling down before thee. Who wer't and ar't and ever more shalt be.
169 b: 3 Holy, holy! Though the darkness hide thee, though the eye made blind by sin thy glory may not see, only thou art holy, there is none beside thee, perfect in power, in love, and purity.
169 b: 4 Holy, holy! Lord God Almighty! All thy works shall praise thy name, in earth and sky and sea; Holy, holy! merciful and mighty, God in tree persons, blessed Trinity!
Heilig, heilig, my hart, o Heer, aanbid U. My hart is bly en roep dit uit: U is heilig, Heer.
Heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer.
Lied 171: 1 (vervolg) Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring.
Lied 171: 2 Heilig, heilig, heilig is die Heer. Wie kan Hom op aarde ooit na waarde eer? Nogtans sal ek jubel, sing ek weer en weer: Heilig, heilig, heilig is die Heer!
Heilig, heilig, God almagtige Heer. Heilig, heilig, God almagtig Heer.
Lied 172: 1 (vervolg) Die aarde getuig van u heerlikheid. U is heilig, Heer.
(I) Heilig, heilig, (II) heilig, heilig. (III) Hosanna, hosanna, (IV) hosanna, hosanna.
Lied 173: 2 Sanctus, sanctus, sanctus. Hosanna, hosanna, hosanna. .
Heilig, heilig, Here, Heilig, heilig, Here, God van mag. U vul heel die aarde met u heerlikheid.
Lied 174: 1 (vervolg) Hosanna, Seun van Dawid, geseënd is Hy wat kom, wat kom in die Heer se Naam, hosanna in die hoogste.
Majesteit, glansryke heerlikheid! Ons wil Jesus, die koning, hulde bewys!
L 175 (vervolg) Majesteit, hemelse heerlikheid! Van waar ons woon, tot by sy troon, wil ons Hom prys. Kom ons loof, kom ons besing die Naam van Jesus!
L 175 (vervolg) Kom ons loof, kom ons aanbid die Here ons God! Majesteit, heilige heerlikheid! Hy het gesterf, ons heil verwerf, Hy het oorwin!
Halleluja! U is Koning. Ons aanbid U in u woning. U's die Alfa en Omega, daarom sing ons: Halleluja!
Jesus, gróót bo almal: sterke Verlosser, magtige Heer en Heiland, Immanuel - God is met ons reddende Here, lewende Woord.
(A) Dona nobis pacem, dona nobis pacem. (B) Dona nobis pacem, dona nobis pacem. (C) Dona nobis pacem, dona nobis pacem.
(A) Vader in die hemel, (B) U beheer ons lewe, (C) ons aanbid U. 2. (A) Jesus Christus, Redder, (B) U beheer ons lewe, (C) ons aanbid U. 3. (A) Heil'ge Gees, ons Trooster, (B) U beheer ons lewe, (C) ons aanbid U.
Eer aan die Vader en die Seun en die Heilige Gees, soos dit was aan die begin, toe en so ook nou, en van ewigheid tot ewigheid. Amen.
Gee ons ware vrede, Jesus Heer. Dona nobis pacem, Domine.
Ons wil, o Heer, U loof en eer vir liefde en genade. U swakke kind, deur skuld gebind, verlos U van die kwade.
L 182: 2 Ons kniel en buig, aanbid en juig, verlostes, hier vergader. Ons is verbly, van skuld bevry, verbind aan U, ons Vader.
L 182: 3 Gelowig steun ons op u Seun, want ons het niks verdien nie. Ons Heiland het, om ons te red, nie eens die dood ontsien nie.
Verbly jul in die Here, die God van Israel. Sing altyddeur sy ere, gehoorsaam sy bevel.
L 183: 1 (vervolg) Hy stel die se grense, laat die seisoene kom. Sy guns is oor die mense o almal, buig voor Hom!
L 183: 2 Verbly jul in die Here, dié wat verlore was. Hy het jul self versamel uit elke taal en ras. Jul wat deur God gered is, kniel almal nou voor Hom. Erken dat liefde wet is en roep: "Die Here kom!"
Lofsing die Here, die Ewige, sing tot sy ere! Lofsing die Koning, die Skepper, die Vader, die Here!
L 184 a: 1 (vervolg) Loof almal saam groot is sy heilige Naam! Loof Hom, die Heer van die here!
L 184 a: 2 Lofsing die Here wat kunstig u liggaam berei het, Hy is die sterke wat altyd nog by u gebly het; wat in gevaar, hoe groot, hoe dreigend, hoe swaar, oor u sy vleuels gesprei het!
L 184 a: 3 Lofsing die Here, dis Hy wat u kroon met sy seën! Hy skenk die lewe, die wasdom, die sonlig, die reën! O sterfling, weet: Hy wat Almagtige heet, het ons in liefde bejeën.
L 184 a: 4 Lofsing die Here, ja, almal kom loof nou die Here! Alles wat asem het, hier tot in tydlose sfere! Hy is die Lig; ons oog bly op Hom gerig: Hy is die Heer van die here!
Praise to the Lord, the Almighty, the King of creation! O my soul, praise him, for he is thy health and salvation;
184 b: 1 (cont. ) all ye who hear, now to his temple draw near, joining in glad adoration.
184 b: 2 Praise to the Lord, who o'er all things so wondrously reigneth, shieldeth thee gently from harm, or when fainting sustaineth; hast thou not seen, how thy heart's wishes have been granted in what he ordaineth?
184 b: 3 Praise to the Lord, who doth prosper thy work and defend thee; surely his goodness and mercy shall daily attend thee; ponder anew what the Almighty can do who with his love doth befriend thee.
184 b: 4 Praise to the Lord! O let all that is in me adore him! All that hath life and breath come now with praises before him! Let the Amen sound from his people again; gladly for aye we adore him!
(A) Kom alle volke en loof nou die Heer (B) jubel oor Hy jul regverdig regeer. (C) Loof Hom volke, kom loof die Heer.
Ons kom loof U as ons Vader ons, wat nou u kinders is. Ons mag U in Christus nader, wat ons voorspraak by U is.
L 186: 1 (vervolg) Juis vir ons, deur skuld gebonde en bedorwe van natuur, is u Seun as borg gestuur. Vrygespreek van al ons sonde, kan niks ons van U meer skei in u liefde sal ons bly!
L 186: 2 As ons selfs ons aardse vader innig liefhet en waardeer, hoeveel meer, o Hemelvader, moet ons U nie dien en eer? Ons wil dankbaar tot U nader -
L 186: 2 (vervolg) U so groot in majesteit, liefde en geregtigheid. Dat ons U mag ken as Vader en ons self aan U mag wy dit maak ons vir ewig bly!
(A) Loof, loof die Here, (B) bring Hom dank en ere! (C) Loof Hom, loof (D) Hom, die Heer.
Kom, dank nou almal God met hart en mond en hande; loof Hom wat wonders doen tot in die verste lande.
L 188 a: 1 (vervolg) Van vroeg, van kindsbeen af, het Hy ons trou bewaar en tot vandag toe nog geseën en gespaar.
L 188 a: 2 O God, so ryk en goed, gee ons solank ons lewe altyd 'n blye hart; as dit u wil is: vrede. Laat u genade ons beveilig teen gevaar, in donker ure ons van struikeling bewaar.
L 188 a: 3 Lof, eer sing ons voor God, die bron van alle lewe die Vader, Seun en Gees, almagtig en verhewe. Drie-enig God, ons roem u krag en majesteit. O Heer, ons wil U noem: ons God in ewigheid!
Now thank we all our God with heart and hands and voices, who wondrous things hath done, in whom this world rejoices;
188 b: 1 (cont. ) who, from our mothers' arms hath bless'd us on our way with countless gifts of love, and still is ours today.
188 b: 2 O may this bounteous God through all our life be near us, with ever joyful hearts and blessed peace to cheer us; and keep us in his grace, and guide us when perplexed, and free us from all ills in this world and the next.
188 b: 3 All praise and thanks to God the Father now be given, the Son, and him who reigns with them in highest heaven, the one eternal God, whom heav'n and earth adore; for thus it was, is now, and shall be ever more.
Halleluja!
Grote God, aan U die eer! Heerlik is waar U regeer; hemels is u majesteit; heilig u geregtigheid. U wat alles onderhou, U is ewig en getrou.
L 190 a: 2 In genade, groot en ryk, bou U, Heer, u koninkryk. Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra. Ek kon vind: U't my gekry voor ek nog my skuld bely.
L 190 a: 3 U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat: Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat is in stand.
Holy God, we praise your name; Lord of all, we bow before you. Saints on earth your rule acclaim; all in heaven above adore you. Infinite your vast domain; everlasting is your reign.
190 b: 2 Hark, the glad celestial hymn angel choirs above are raising; cherubim and seraphim, in unceasing chorus praising, fill the heavens with sweet accord: "Holy, holy Lord!"
190 b: 3 Lo, the apostolic train joins your sacred name to hallow; prophets swell the glad refrain, and the white-robed martyrs follow; and from morn to set of sun, through the church your song goes on.
190 b: 4 Holy Father, holy Son, Holy Spirit, three we name you, though in essence only one; undivided God, we claim you, and, adoring bend the knee while we own the mystery.
Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer U wat ewig sal regeer.
L 191: 2 Om u troon bring eng'le eer: "Heilig, heilig, Heer". Hier op aarde word 'n lied deur die eeue aangebied: Die getuies van u Naam, jubel in hul lofsang saam.
L 191: 3 Vader, ewig, goed en groot, hoor ons lof uit elke oord. Seun van God in ewigheid, ons is tot u diens bereid. Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer, ons, u kerk, wil U steeds eer.
Grote God, u skepperhand word verheerlik deur u werke; son én sterre, see en land, prys U, Ewige en Sterkte, U wat is, U was altyd, U sal wees in ewigheid.
L 192: 2 Heiliges daar voor u troon sing voor U vol vreug en vrede. Ons in wie u Gees reeds woon, wy aan U ons dankgebede. Eng'le, mense, almal saam, Heer, aanbid en roem u Naam.
L 192: 3 Sien u volk in liefde aan; laat ons nie ons stryd verloor nie; help ons Satansmag weerstaan laat sy lis ons nie bekoor nie. U, van alles, heer, die bron, laat die nuwe aarde kom!
Bring lof en dank, gee God die eer, o volke, almal saam! Sing: Heilig! Heilig Heer! Hoogheilig is sy Naam!
L 193: 2 U is lankmoedig, het geduld. U deel die boodskap mee: U delg ons sonde en ons skuld, U werp dit in die see.
L 193: 3 Gee vrede, Heer, waak oor u kerk met vaderlike hand. Maak ons voorspoedig in ons werk en seën u volk en land.
L 193: 4 Wanneer ons kragte eendag swig, sal U ons hande hou. Dan sal ons, Heer, u aangesig, u heerlikheid aanskou.
Ons bring aan U die lof en ere, ons prys u grote Naam, o Here, vir al die goedheid uit u hand. Ons dank U vir ons hele lewe waarin U ons met guns omgewe, met liefde ver bo ons verstand.
L 194: 2 Ons bring aan U die lof en ere, ons prys u grote Naam, o Here, dat ons mag deel hê aan u Ryk. Dit is ons hoogste doel en strewe om U te eer ons hele lewe maak ons aan Jesus meer gelyk.
L 194: 3 Ons bring aan U die lof en ere, ons prys u grote Naam, o Here, U wat oor alles triomfeer. U vul ons hart met lofgesange, u Gees skenk ons 'n sterk verlange na volle vreugde by U, Heer.
U, o God, wat ewig op die troon is, aan U al die lof en eer. Voor U, wat met majesteit gekroon is, buig ons in aanbidding neer.
L 195: 1 (vervolg) U is Heer, U heers oor alle magte, U regeer oor duisende geslagte. U kom toe die heerlikheid tot in alle ewigheid.
L 195: 2 Christus, voor U kniel die hele aarde, want die hemel buig hul neer. U, die Lam, is alle eerbied waardig; U kom toe die dank en eer. Deur u offer waarborg U die lewe; deur u bloed word al ons skuld vergewe. Ons sal aan U eer bewys U vir ewig loof en prys.
O kon ek jubel, Hemelvader, met duisend stemme, tot u eer hoe sou ek juigend tot U nader en U my danklied bring, o Heer! Ek sou u roem en lof vermeld, u wonderdade, ongeteld!
L 196: 2 O kon ek U besing na waarde tot waar die son sy baan beskryf en sterre, ver bokant die aarde, geruisloos meld u heerlikheid! O kon ek tog die lof besing wat ek so graag aan U wil bring!
L 196: 3 Laat alles wat op aarde lewe, die berge, bosse, see en meer, my onvolkome lof en bede in stilte aanvul, tot u eer! Saam sal ons oor u goedheid juig; aan U ons dankbaarheid betuig.
L 196: 4 My swakke dank- en smeekgebede wil dit genadig, Heer, aanvaar. Eens neem ek, swerwer in die hede, my plek in by die eng'leskaar. Dan jubel ek, verlos, o Heer, met duisend stemme tot u eer!
Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping, ons bring U ons lofgesange. Deur u goedheid, Vader,
L 197: 1 (vervolg) kan ons tot U nader U's ons diepste hartsverlange. Laat die lied wat ons bied, opstyg na u woning, wonderbare Koning!
L 197: 2 Loof Hom, hemelboë! Loof Hom, berge en dale! Daar's geen einde aan sy werke. Loof, my siel, die Here! Bring Hom dank en ere!
L 197: 2 (vervolg) Hy is die onmeetlik' sterke. Hef omhoog hart en oog! Wie kan ooit op aarde, Heer, U prys na waarde?
God is my lied, sy almag ken geen perke Heer is sy Naam, volmaak sy skeppingswerke; die groot heelal is sy gebied.
L 198: 2 Niks is van my, dis alles u genade; ek sien u goedheid oral, troue Vader, u lof sal op my lippe bly.
L 198: 3 Waar God gebied, sal ons geen onheil vrees nie, want niemand kan soos Hy 'n redder wees nie - aan Hom my lof, aan Hom my lied.
Loof die Here uit die hemel, loof Hom deur wie ons bestaan; loof Hom eng'le, hemelwesens, loof Hom son en prys Hom maan. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die Heer se Naam!
L 199: 2 Loof die Here alle volke, loof Hom alles wat bestaan; loof Hom weerlig, sneeu en wolke, loof Hom meer en oseaan. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die Heer se Naam!
L 199: 3 Loof Hom konings, alle vorste, almal wat op aard' regeer; loof Hom kinders, mans en vroue, loof Hom almal, buig jul neer. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, Roem sy Naam, kom loof die Heer!
12b3bc943c510bec3d7e6d90d8f869c3.ppt