6a647988e3bd93beb81d4b3b8f8ed86a.ppt
- Количество слайдов: 20
PAULUS SE BRIEF AAN DIE GEMEENTE IN ROME
PAULUS SE BRIEWE • Romeine • 1 Korintiers • 2 Korintiers • Galasiers • 1 Timoteus • 2 Timoteus • Titus • Filemon • Hebreers? • Efesiers • Filippense • Kolossense • 1 Tessalonisense • 2 Tessalonisense 52% 64% VAN DIE NT BOEKE VAN DIE BRIEWE IN DIE NT
PAULUS SE BRIEWE
ROMEINE – DIE OUTEUR • Paulus was van die stam Benjamin (Fil. 3: 5) • Ook ‘n Romeinse burger (Hand. 16: 37) • Selfde tyd gebore as Christus in Tarsus (Hand. 9: 11), ‘n belangrike stad in die Romeinse provinsie van Cilicia (moderne Turkye) • As jongman studeer hy onder rabbie Gamaliel (Hand. 22: 3) • Hy was ook, soos sy pa, ‘n Fariseer (Hand. 23: 6) en ‘n lid van een van die strengste Joodse sektes (Fil. 3: 5) • Hy was ‘n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van die Jode (Gal. 1: 14)
ROMEINE – DIE OUTEUR • Nadat hy op ‘n wonderbaarlike manier bekeer is oppad na Damaskus (33 -34 n. C. ), waar hy Christene sou vervolg, begin hy die evangelie verkondig (Hand. 9: 20) • Paulus spandeer drie jaar in Arabië, suid en oos van die Dooie See (Gal. 1: 17, 18) • Gedurende die tydperk het hy teologiese onderrig gekry as direkte openbaring vanaf God (Gal. 1: 11, 12) • Paulus was verantwoordelik vir die verspreiding van Christenskap deur die Romeinse Ryk.
ROMEINE – DIE OUTEUR • Hy het drie reise ondergaan deur die Mediteriaanse wêreld. • By sy terugkeer na Jerusalem met hulp vir die behoeftige kerk, is hy valslik aangekla deur sommige Jode (Hand. 21: 27 -29), geslaan deur ‘n bende (Hand. 21: 30, 31) en gearresteer deur die Romeine • Felix, Festus en Herodus Agrippa kon hom nie skuldig bevind nie, maar die Joodse leiers se invloed het hom gevange laat hou • Na twee jaar gebruik hy sy Romeinse burgerskap en verdedig sy saak teenoor Ceasar.
ROMEINE – DIE OUTEUR
ROMEINE – DIE OUTEUR • Na ‘n aaklige reis (Hand 27 -28), wat ‘n twee weke see-storm insluit, bereik Paulus Rome. • Hy word vrygelaat vir ‘n kort tydperk en weer gevang en tereggestel in Rome in 65 -67 n. C (vgl. 2 Tim. 4: 7)
ROMEINE – DIE OUTEUR
ROMEINE – AGTERGROND
ROMEINE – AGTERGROND • Rome was die hoofstad en mees belangrikste stad van die Romeinse Ryk. • Rome was gevind in 753 v. C. en word glad nie in die Bybel genoem tot NT tye nie. • In Paulus se tyd, het Rome oor ‘n miljoen inwoners gehad, die meeste slawe. • Daar word beweer dat die kerk in Rome begin is deur gelowiges wat bekeer was by die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster(Hand. 2: 10) • Paulus wou verskeie kere Rome besoek, maar was altyd verhinder om dit te doen (Hand. 1: 13) • Voor sy dood het hy wel in Rome aangekom.
ROMEINE – AGTERGROND • Paulus se primere doel met die Boek Romeine, was om die waarhede van die evangelie, van genade, vir gelowiges te leer, wat nog nooit apostoliese onderrig gehad het nie • Hy was egter onbekend vir die gemeente en in die brief stel hy homself voor en hoop om hulle gou te besoek, vir verskeie belangrike redes: om die gelowiges te versterk (1: 11); die evangelie te verkondig (1: 15); om die Romeinse Christene beter te leer ken, dat hulle hom kan aanmoedig (1: 12); te bid (15: 30) en te help met sy bediening in Spanje (15: 28)
ROMEINE – AGTERGROND • Romeine verskil van sommige van die briewe (Gal. , 1 en 2 Kor. ), dat die doel daarvan nie is om inkorrekte teologie reg te stel of om verkeerde lewenstyl te beruspe nie. • Die Romeinse kerk se leerstellings was reg, hulle het ryk teologiese onderrig en praktiese instruksie gekort, wat hierdie brief dan gee.
ROMEINE – SLEUTEL PERSONE • Paulus – apostel en skrywer van die Boek van Romeine (1: 1 -16: 22) • Fébé – dienares van die gemeente by Kenchréë; sy dra die brief van Paulus oor na die Romeinse gelowiges
ROMEINE – TEMAS • Romeine is hoofsaaklik ‘n werk van teologiese onderrig en bevat min historiese materiaal • Paulus gebruik wel bekende OT figure as illustrasies, soos Abraham (4), Dawid (4: 6 -8), Adam (5: 12 -21), Sara (9: 9), Rebekka (9: 10), Jakob en Esau (9: 10 -13), en Farao (9: 17) • Hy gee ook van Israel se geskiedenis (9 -11) en hoofstuk 16 gee insig in die natuur en karakter van die kerk in die eerste eeu en die lidmate
ROMEINE – TEMAS • Die oorkoepelende tema van Romeine is die geregtigheid wat van God kom: die waarheid dat God sondaars regverdig maak, met genade alleen, deur geloof in Christus alleen.
ROMEINE – LEERSTELLINGS • Die sondige mens – sonde skei elke mens van God; slegs Jesus Christus kan God en die mens versoen met mekaar • Regverdigmaking deur geloof – algehele vryheid, van oordeel en die vaskleef van sonde, kom deur geloof alleen in Jesus • Heiligmaking – deur Christus se kruisdood, word die gelowiges geheilig en apart gehou vir God se diens • Versoening – die opoffering van Jesus Christus, hernu die verhouding tussen God en die mens
ROMEINE – GOD SE KARAKTER • • • God is toeganklik – 5: 2 God is ewig – 1: 20 God is vergifnis – 3: 25 God is goed – 2: 4 God is regverdig – 2: 11; 3: 4, 26 God is liefde – 5: 5, 8; 8: 39; 9: 11 -13 God is wys – 11: 33; 16: 27 God is toornig – 1: 18; 2: 5, 6, 8; 3: 5, 6 God is versoening – 5: 1, 10 God is ‘n belofte-nakomer – 1: 1, 2; 4: 13, 16, 20
ROMEINE – OUTLINE I. III. Groet en Inleiding (1: 1 -15) Tema (1: 16, 17) Verdoemenis: Die noodsaaklikheid van God se geregtigheid (1: 183: 20) I. III. IV. Regverdigmaking: Die Voorsieningheid van God se Regverdigmaking (3: 21 -5: 21) I. III. IV. V. VIII. Ongeregtigheid van nie-Jode (1: 18 -32) Ongeregtigheid van die Jode (2: 1 -3: 8) Ongeregtigheid van die mens (3: 9 -20) Die Bron van Regverdigmaking (3: 21 -31) Die Voorbeeld van Regverdigmaking (4: 1 -25) Die Seëninge van Regverdigmaking (5: 1 -11) Die Bydrae van Regverdigmaking (5: 12 -21) Heiligmaking: Die Voorbeeld van God se Regverdigmaking (6: 1 -8: 39) Herstel: Israel se Ontvangs van God se Regverdigmaking (9: 1 -11: 36) Toepassing: Die Optrede van God se Regverdigmaking (12: 1 -15: 13) Samevatting, Groet en Seënbede (15: 14 -16: 27)
6a647988e3bd93beb81d4b3b8f8ed86a.ppt