55dc383aafd8dd1006fcd25041da447e.ppt
- Количество слайдов: 4
Kinder bediening Suid -Afrika Soekie Krog Nuusbrief-Augustus Gaan dan heen en maak dissipels van elke nasie, volk en taal! Het jy nog jou kroon op…? Van Witrivier en Baberton tot Swaziland het Soekie die kinders aan die dans en sing gehad met die boodskap dat God hulle almal gemaak het om met eer, heerlikheid en outoriteit te heers.
SWAZILAND Soekie bid hier vir die burgemeester en onderburgemeester van Mbabane in Swaziland. Ons het ‘n goddelike ontmoeting met hulle gehad. Mag Vader hierdie gods manne wysheid gee om hulle land te lei volgens Sy plan! Daar word jaarliks ‘n seremonie vir al die jong meisies in Swaziland gehou: Die Rietdans. Meisies kan in hierdie tyd voor die koning kom dans en moontlik sy vrou word. Soekie het by elke skool die meisies aangemoedig om hulle rein te hou net vir God. Bid dat Vader ons sal wys hoe om die meisies toe te rus om rein te bly. Swaziland het die hoogste persentasie VIGS ter wêreld.
New Hope Centre-Swaziland Ons het Donderdag 4 Augustus die New Hope Centre, ‘n kinderhuis in Swaziland besoek. Dit is geleë op die plek waar koning Sobuza ’n droom gehad het waar iemand het vir hom gesê het daar gaan mense met reguit hare en ’n skerp neus na die land kom met ’n boek en geld. Die persoon het gesê hulle mag nie die geld vat nie, maar wel die boek. Dit het toe in vervulling gekom toe die Bybel na Swaziland gebring is en word jaarliks herdenk. Oor die Kinderhuis: Die kinders word volgens die ACE stelsel onderrig. Elke Donderdag kom hulle bymekaar om dankie te sê vir wat God in die week gedoen het. Daar is ook ‘n opleidings fasiliteit met twaalf kamers elk met die naam van ‘n stam van Israel. Hier is Tracy en Soekie in die saal saam.
QUEENSTOWN Ons was vanaf Dinsdag 23 tot Donderdag 25 Augustus by Hangklip Laerskool in Queenstown vir hulle jaarlikse Jesus week. Soekie het die kinders, onderwysers en mamma’s bedien met die tema : ‘MAAK ‘N VERSKIL’! Vader het ook vir haar ‘n nuwe liedjie gegee: “Gaan mal en verander die wêreld, gaan mal en maak ‘n verskil, gaan mal want Jesus is in jou en Hy kan alles, doen. ‘n Hoogte punt was toe Soekie die onderwysers eer vir die werk wat hulle doen. Soekie en Willie van die wenspan het Donderdag saam afgesluit en die hele skool aan die dans en sing gehad. Ons bid dat God die kinders van Hangklip Laerskool sal gebruik om ‘n verskil te maak in hulle skool, huis, gemeenskap en in die wêreld. Bestel nou : NUWE Padkos CD met 15 stories oor WILDE DIERE vir net R 59. 95 Besoek gerus ons web by www. soekiekrog. com vir meer produkte. Sluit aan by ons Facebook bladsy by Children’s Ministry South Africa
55dc383aafd8dd1006fcd25041da447e.ppt