1b77d7357212b5b9544dc84001f2699a.ppt
- Количество слайдов: 21
IN RITME Met die Gees T H o Verlede OM d k o ’n Toekomsmens e m TE WORD s
Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. (Joh 15: 26) …maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Joh 14: 26)
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. (Joh 16: 13 -15)
Now when the time was almost come for Jesus to be received up [to heaven], He steadfastly and determinedly set His face to go to Jerusalem. (Luk 9: 51 Amp) …Jesus resolutely set out for Jerusalem. (NIV) …he gathered up his courage and steeled himself for the journey to Jerusalem. (The Message) …he moved steadily onward toward Jerusalem with an iron will. (Living Bible) …Daarom het Hy sy reis na Jerusalem nou in alle erns aangepak. (Die Boodskap)
59 En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 61 En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. (Luk 9: 59 -62)
Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. (Hand. 2: 24 -28)
Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop wat voor ons lê, 2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. 3 Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. (Heb 12: 1 -3)
Do you see what this means—all these pioneers who blazed the way, all these veterans cheering us on? It means we’d better get on with it. Strip down, start running—and never quit! No extra spiritual fat, no parasitic sins. Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we’re in. Study how he did it. Because he never lost sight of where he was headed—that exhilarating finish in and with God—he could put up with anything along the way: Cross, shame, whatever. And now he’s there, in the place of honor, right alongside God. When you find yourselves flagging in your faith, go over that story again, item by item, that long litany of hostility he plowed through. That will shoot adrenaline into your souls! (Heb. 12: 1 -3, MES)
En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! (Rom. 15: 13)
Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir die man vrede. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. (Ps. 37: 34 -38) Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan. (Spr. 10: 28)
die verhaal van JOsef…
Jaloesie Verwerping Verkleinering Wreedheid Angs Verlies Verlange Versoeking Verlyding Verbreekte beloftes Vergete Verwarring Verraad Vrae
Bly hardwerkend en styg uit as ’n slaaf Weerstaan versoekings Volhard in lang seisoen van frustrasie as gevangene Word die leier van ’n wêreldmoondheid Vergewe sy broers Sterf as ’n liefdevolle vervulde mens
Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente. (Heb 11: 22)
Hope. . . means. . . a continual looking forward to the eternal world. . It does not mean that we are to leave the present world as it is. If you read history you will find that the Christians who did most for the present world were just those who thought most of the next. . It is since Christians have largely ceased to think of the other world that they have become so ineffective in this. Aim at Heaven and you will get earth “thrown in”: aim at earth and you wil get neither. C. S. Lewis:
Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie …. Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE! (Ps. 27: 12 -14)
Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as ’n reeks van mense gesien het, HERE God! (1 Kron. 17: 16 -17)
Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die tyd van my dood is voor die deur. Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. . . Probeer so gou moontlik na my toe kom. . . As jy kom, moet jy die reismantel saambring wat ek by Karpus in Troas laat bly het, en ook die boeke, veral die perkamente. (2 Tim. 4: 6; 7; 9; 13)
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf. (1 Tim. 6: 17 -19)
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander… (Jer. 29: 11 -14)
En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! (Rom. 15: 13)


